Testament van ’n rebel Gee my ′n pen Sodat ek kan sing Dat die lewe nie verniet is nie Gee my ’n jaargety Om die lug oop in die oë te kyk As die perskeboom sy volheid wit braak Gaan ′n tirannie te grond Laat die moeders huil Laat die borste opdroog En die skote verdor As die skavot oplaas speen Gee my ’n liefde Wat nooit vrot tussen die vingers Gee my ’n liefde Soos ek jou ′n liefde...