Testament van ’n rebel

Gee my ′n pen
Sodat ek kan sing
Dat die lewe nie verniet is nie

Gee my ’n jaargety
Om die lug oop in die oë te kyk
As die perskeboom sy volheid wit braak
Gaan ′n tirannie te grond

Laat die moeders huil
Laat die borste opdroog
En die skote verdor
As die skavot oplaas speen

Gee my ’n liefde
Wat nooit vrot tussen die vingers
Gee my ’n liefde
Soos ek jou ′n liefde wil gee

Gee my ′n hart
Wat aanhou klop
Klop sterker sal klop as die wit klop
Van ’n bang duif in die nag
Harder sal klop as bitter koeëls

Gee my ′n hart, ’n klein bloedfabriek
Wat bloeisels van vreugde
Kan spuit
Want bloed is soet is mooi
Is nooit verniet of vals nie

Ek wil sterf voordat ek dood is
As my bloed nog vrugbaar
En rooi is
Voordat twyfel se swart moer sak

Gee my twee lippe
En helder ink vir my tong
Wat die aarde een groot liefdesbrief
Kan volskryf van melk

Wat dag vir dag soeter sal staan
En al die bitterheid besweer
Wat soos die somer soeter sal brand

Laat die somer dan kom
Sonder blindoeke of rawe
Laat die skandpaal die perskeboom tevrede
Sy rooi vrugte gee

En skenk my ′n minnelied
Van duiwe van voldoening
Sodat ek kan sing uit my uier
Dat die lewe nie verniet was nie

Want soos ek tot oop oë sterf
Sal my rooi lied nooit sterf nie

BREYTEN BREYTENBACH

Uit: Breyten Breytenbach, Huis van die Dowe (1967)